Aleksander Nefski

Sint Aleksander Nefski
Grootprins van Nowgorod en Wladimir
’n Ikoon van Aleksander Nefski.
’n Ikoon van Aleksander Nefski.
Periode 1236–1263
Voorganger Andrei II
Opvolger Jaroslaf III
Huis Rjoerik
Vader Jaroslaf II
Gebore 30 Mei 1220
Oorlede 14 November 1263
Tot heilige verklaar 1547, deur die Russies-Ortodokse Kerk
Feesdae 23 November, 23 Mei, 30 Augustus
Beskermheilige Soldate, grense van Rusland

Sint Aleksander Nefski (Russies: Алекса́ндр Яросла́вич Не́вский; 30 Mei 122014 November 1263) was die grootprins van Nowgorod en Wladimir-Soezdal tydens een van die mees onstuimige tye in die stede se geskiedenis. Hy word algemeen beskou as die belangrikste figuur van die Middeleeuse Kiëf-Roes.

Aleksander was die kleinseun van Wsewolod die Groot Nes en het legendariese status behaal met sy militêre oorwinnings oor Duitse en Sweedse invallers terwyl hy ’n beleid van samewerking met die magtige Goue Horde gevolg het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search